Nagereg

Pannekoek

4 comments

Pannekoek kan soet of sout geniet word.  Vir die winter is dit ‘n moet.

Pannekoek

2 (500ml) koppies meel

2 teelepels (10ml) bakpoeier

1 teelepel (5ml) sout

2 koppies (500ml) water

2 eiers

1/2 koppie (125ml) olie

1 teelepel (5ml) suurlemoensap

Meng alles saam met ‘n draadklitser.  Laat dit staan vir 1 uur.

Gooi in jou pannetjie 10 ml olie.  Laat jou pannetjie lekker warm word en gooi die olie uit.

Gooi ‘n dun lagie van jou beslag in die pannetjie.  As dit begin borreltjies maak en droog raak, draai dit om met ‘n spaan.

Stapel die pannekoeke op mekaar , hou dit toe met folio of ‘n bak met n deksel.

crepes-for-breakfast
Foto van: http://deliciouskenya.com/wp-content/uploads/sites/48/2017/10/crepes-for-breakfast.jpg

 

 

Daar is jou pannekoeke!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vir die vulsel kan jy nou jou vrye teuels gebruik:

room

karamel

bessies

sjokoladesmeer

neute

piesangs

kaas

spinasie

ham

tuna met mayonnaise

Pannekoek met room en granaatpitte

4 Comments

  1. Jacqui Clark

    Ek gaan defnintief jou resep probeer. Ek is al so moeg vir resepte wat nie so lekker is soos die fotos nie. Ek sal jou laat weet hoe dit gewerk het. xxx

  2. adri Roos

    Baie dankie jou resep wonderlik ek kon nie pannekoek bak, nou is dit my hartskos en my kleindogter geniet dit., moet die elke keer bak wanneer sy kom kuier en dit is gereeld !!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*