Ontbyt

Ham en eier mooigeit

2 comments

Partymaal kry mens gaste wat jy graag klein bietjie wil beindruk – sonder te veel moeite.  Wel hier kom dit:

Ham en eier mooigeit – 6 porsie

  • 6 velletjies ham
  • botter om die pannetjie te smeer of Spray and Cook
  • 2 teelepels pietsielie fyngekap ( knip dit met n sker binne in ‘n koppie)
  • 1 gekapte ui ( sit ‘n metaallepel in jou mond dan sal jou ogies nie traan nie)
  • 6 eiers
  • 200 ml plein wit jogurt
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • rooipeper

NOU:

  1. Smeer jou pannetjie of spuit dit met Spray and Cook.
  2. Voer die pannetjie uit met n velletjie ham.
  3. Braai die ui vining in bietjie botter en verdeel dit tussen die ses holtes met die ham in.
  4. Klits die eiers en voeg die jogurt by.  Meng ook die pietersielie in.
  5. Gooi die eier/jogurtmengsel in jou 6 hamhouertjies.
  6. Sprinkel kaas oor elke porsie en skud bietjie rooipeper bo-oor.  (dis opsioneel)
  7. Bak vir 30 minute by 180 grade Celsius.
  8. Keer die gereggies uit op elkeen se bord en bedien dit met ‘n lekker stukkie roosterbrood.

Jy kan individuele bakkies, koppies of muffinpannetjies gebruik om dit in te bak.

Tog te mooi as jy dit omkeer op roketblare en ‘n halwe rosatamtie langs dit sit.

 

2 Comments

  1. Kaydee van Wyk

    Dankie baie vir jou resepte.
    Ek versorg bejaardes en moet kook vir hulle. Kos idees kan ‘n probleem raak.
    Ek waardeer al jou resepte, thankx
    Kaydee

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*