Braaivleis met n paptert is die ware Jakob. Die paptert kan al die vorige dag gemaak word en net op die dag van die braai in die oond gesteek word. Jy kan n paptert verskeie geure en smake gee. Dis maar soos n soen – jy soen soos jy verkies. Dit bly lekker!
Paptert – verby lekker
Course: Bykosse, Gebak, Terte30
minutes40
minutesBestanddele
Metode
- Braai die uie in 30 ml olie.
- Snipper die spek en braai saam met die uie.
- Sny die worsies in ringetjies en braai ook saam met spek.
- Roer 10ml gemengde kruie en tamatie in blikkie by en kook deur vir 10 minute – hou nou die mengsel eenkant.
- Verhit die melk en water in n kastrol.
- Voeg die mieliemeel, sout en peper by en roer dat dit nie klonte maak nie – laat dit vir 15 minute prut.
- Roer die botter by die pap.
- Roer die heelpitmielies in die pap.
- Smeer n oondvaste bak en skep n lagie pap onder in die bak.
- Gevolg deur n lagie spek en uie mengsel.
- Gevolg deur n lagie kaas, herhaal die lagies nog een keer.
- Eindig heel bo met n lagie kaas.
- Bak dit vir 40 minute by 180 grade celsius.
Notas
- Jy kan enige vulsel gebruik waarvan jy hou. Die spek kan vervang word met groente. Ek het n anyskaas gebruik in die paptert. Die keuse van die kaas berus ook op n persoonlike besluit. Het die tert al met heerlike bloukaas gemaak.
Klink lekker, gaan hom probeer!!
Lily, jy gaan dit geniet. Lekker paptert maak.
Marinda
Baie dankie vir al die wenke
Geniet. Dis net liefde
Vir hoeveel mense is die resepie
Gerda, 6 tot 8 mense kan ruim aan dit eet vir n bykos.
groetnis
marinda
Klink heerlik gaan dit vanaand probeer
Dit like ek die manier waarop die resep uiteen gesit is en dit lyk baie lekker gaan resep save
Jy maak my hart sing.
Dit klink asemrowend gaan dit beslis probeer baie dankie vir die resep
Laat weet!
Geniet!
Ek gaan dit dìe week maak. C
Dit is so lekker. Jy kan nog ander goedjies ook insit soos worsies, ekstra kaas ens.
Het gemaak en uit die boonste rakke met kaaswors by 😉
Dit bly lekker!! Dit is eintlik die volgende dag nog lekkerder.
Marinda
Hallo daar. Kan paptert gevries word? Indien wel hoe en vir hoe lank? Baie dankie
Ek het dit nog nooit gevries nie, maar ek glo dit sal vir redelik lank gevries kan word.
Baie dankie Marinda…gaan die paptert vandag maak!!
Baie dankie Marinda! Gaan die resep vandag maak.
Geniet dit.
Marinda
Beste Marinda die resep lyk heerlik ek gaan hom beslis maak. Vir hoeveel persone is dit? Ekmoet vir 30 persone maak! Hoor graag van jou.
Ek sal dit 3 x maak en dan gaan jy nog oorhe om te vries.
Die was die wenner dis by ons op braaidag die jaar. Omdat daar memse was wat nie bacon eet nie het ek die bacon uitgelos en net meer kaasworsies ingesit. Dit was nou sowaar liplek lekker. En die volgende dag was daai bietjie oorskiet eers lekker hoor!
Praat jy. Geniet elke happie.
Marinda jy het so absoluut ongelooflik gelyk in die episode met Selma Darling.
Waar het jy daai fluweelrooi tabberd met die ragfyn kant gekoop? Ek MOET eenvoudig so ene kry. Ek is baie dikker as jy, so ek kan net hoop dat ek so ASEMROWEND kan lyk.
Jy is net so oulik hoor!
N vriendin het dit gemaak. Dankie vir die kompliment 🙏
Goeie dag Marinda. Hoop jy sien my comment. Ek wil graag die paptert maak, dit lyk lekker. Dit sal die eerste paptert wees wat ek maak. Ek wil hoor, kan ek ván die melk vervang met room of gaan dit n verskil maak aan die tekstuur van die paptert. Kan ek bv 1.5 koppie melk en 1.5 koppie room gebruik in dié resep. Of moet ek liefs wegbly met die room. Ek wil net room bysit omdat dit dit meer ryk gaan laat proe.
Room gaan dit nog lekkerder maak.