Nagereg

Sjokeladeblokkies – dit behoort verban te word

10 comments

Hier oor die groot dae soek ons mos vir bietjie sonde in die kospotte.  Ons hang ons op aan al die overdaad.  Nou as die kinders of die man vra vir n soetigheidjie – maak die blokkies.  Ek maak dit sommer in die mikrogolf.  Dis geil, ryk en lekker.  Klein happies!sjokoladerys blog 057

 

BENODIG:

  • 125ml strooisuiker
  • 125 ml gouestroop
  • 125 ml  grondboontjiebotter
  • 15 ml kakaosjokoladerys blog 004
  • 750 ml sjokoladerys (Coco Pops)sjokoladerys blog 008
  • 180 g sjokolade
  • 60 ml melk of room

NOU:

  1.   Sit die strooisuiker, gouestroop, grondboontjiebotter en kakao in n bak wat in die mikrogolf kan gaan.sjokoladerys blog 006  Mikrogolf op vol sterkte vir 90 sekondes – roer dit.  Nog 60 sekondes en dan haal jy dit uit.  Roer dit behoorlik deur.sjokoladerys blog 011
  2. Gooi die rysvlokkies by die mengsel en meng totdat al die rysvlokkies bedek is met die sous.sjokoladerys blog 014
  3. Spuit n bak met spray en cook en druk die rysvlokkiemengsel vas in die bak.sjokoladerys blog 018
  4. In n bakkie of beker breek die sjokolade en gooi die melk by.  Smelt in die mikrogolf vir 1 minuut op vol krag en roer tot dit loperig is.sjokoladerys blog 025
  5. Giet dit bo-oor die ryvlokkies en sit in die yskas.sjokoladerys blog 031
  6. Na sowat n uur kan jy dit in blokkies sny en dit eet.sjokoladerys blog 047

Dis n vinnige nagereg , iets saam met die koffie of iets as die slaap jou ontwyk in die nag.sjokoladerys blog 038

Onthou klein happies.sjokoladerys blog 039

 

 

 

10 Comments

  1. annarie vd westhuizen

    Ek wil net weet hoe smelt jy die sjokolade in mikrogolf.Dis seker op n lae persentasie.Dankie

    • Annarie, ek gooi eers die melk in en dan die sjokolade. Ek smelt op vol krag vir 1 minuut. Dan haal ek dit uit en roer die sjokolade in die warm melk. Mooi dag. Marinda

  2. Kleina Pretorius

    Marinda dit moet gemaak word, so kan jy enige iemand stil kry met die heerlike sjokolade blokkies.

  3. Om wonderlike resepte en die fantastiese aanbieding daarvan te kan komplementeer is voorwaar n voorreg

  4. Baie dankie vir al jou resepte wat jy so onbaatsugtig deel! Versot op jou boneslaai. Mak gereeld om te bottel. Voorspoed, seën, goedheid & guns vir jou Marinda!

  5. Marinda ek volg jou gedurig. TV program was uitstekend. Maklik met Marinda….glo my…dis so maklik en lekkerrrr.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*