Peer-en bloukaasslaai

 

Peer- en bloukaasslaai

 

Slaaisous

  • 90 ml olyfolie
  • 20 ml wit druiwe asyn
  • 8 ml heuning
  • 5 ml Dijonmostert
  • Sout en peper

Metode

  1. Meng al die bestanddele in konfytfles en hou eenkant

 

Slaai

Bestanddele

  • 90 ml okkerneute grof gekap
  • 6 koppies gemengde slaaiblare fyner geskeur
  • 10 dadels fyner gesny
  • 2 pere in dun wiggies gesny
  • 100 ml gekrummelde bloukaas

Metode

  1. Rooster die neute in ‘n pan
  2. Sit die res van die bestanddele in ‘n bak.Krummel die bloukaas heel bo.
  3. Gooi van jou slaaisous oor.