Bykosse

Warm Italiaanse Sous

Comments are Disabled

 

WARM ITALIAANSE SOUS

Bestanddele

30 ml olyfolie

1 ui, in blokkies gesny

15 ml fyngekapte knoffel (of na smaak)

5 – 10 ml (of na smaak) gedroogde rooi brandrissievlokkies

400 g bruin sampioene, in kleiner stukkies gekap of in skyfies gesny

sout en peper na smaak

1 x 410 g blikkie heel tamaties, kleiner gesny of fyngedruk

1 x 410 g blikkie tamatiepuree

15 ml gewone asyn (na smaak, om die geure uit te bring)

suiker na smaak

45 ml voorbereide basiliepesto of handvol grofgeskeurde basilieblare

 

METODE

  1. Verhit die olie in ‘n pot en braai die ui liggies.
  2. Sit die knoffel en brandrissievlokkies by en braai tot geurig.
  3. Sit die sampioene by en braai tot gaar.
  4. Geur met sout en peper en roer die geblikte tamaties, tamatiepuree en asyn by.
  5. Geur na smaak met die suiker en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en prut vir ‘n halfuur of langer, totdat jou sous dieprooi en lekker is.
  6. Roer die pesto of basilieblare in en bedien.

Comments are closed.