Ek het vanaand die poeding gemaak vir my dierbare familie uit Nelspruit wat more kom kuier. Dis ryk en lekker. My ma het dit gereeld vir ons gemaak op die plaas.
BESLAG:
- 65 ml botter
- 65 ml melk
- 1 eier
- 190 ml suiker
- 250 ml meel
- 15 ml bakpoeier
- 60 ml kakao
- 2,5 ml sout
- 5 ml vanieljegeursel
Roer al die sous se bestandele totdat die suiker opgelos is.
NOU: – vir die beslag
- smelt botter en melk saam
- klits eier en suiker saam
- voeg droe bestandele en vanieljegeursel by eiermengsel
- meng nou die botter/melkmengsel by
- smeer n oondvastebak en gooi die sous onder in die bak
- skep lepels vol van die beslag op die sous
- bak vir 30 minute by 180 grade Celsius
- strooi versiersuiker oor die poeding
Eet die groot lekkerte met vla, roomys of room. Jy sal nooit weer terugkyk en dink sjokelade is net vir paaseiers nie. Ek het alles dubbel aangemaak, want uit ondervinding weet ek dat dit nooit genoeg is nie.
Liewe Tanja, ek reheat myne op baie laag in die oond met tinfoelie oor. Met n lekker vla of roomys smaak dit weer vorentoe.
Marinda
I baked it on sunday but it is to sweet and the sauce was still like water…..750 ml water and 750 mlsugar is it correct as noted on recipe??
Hi Petro, did you put the sauce on the bottom of your container and then but the batter on top of the sauce?
If it is to sweet you can cut on the sugar.
Warm shokolade poeding, n wenner, rasper klein bietjie lemoen skil by en proe hoe lekker is dit dan
So bly. Gaan ook die skil probeer. Dit kan net lekker wees.
Jou resep is n absoluute wenner baie dankie..
My kinders se gunsteling. Geniet.
My sous is hopeloos te veel. Na 30 minute dryf my gebakte slag nog op die sous. Ek hoop maar die sous trek in terwyl hy nou staan?
Hi, nog nooit die probleem gehad nie. Hoop dit het lekker gesmaak.
Hi. Ek het vandag die poeding gemaak. Toe ek dit na 30 minute uit die oond uit haal toe is daar nog ongelooflik baie liquid onder in.
Watter grootte bak gebruik jy om die poeding in te bak?
Cara, daar moet baie sous wees. jy beruip die poeding of jou roomys saam met die poeding met die sous.
Vir hoeveel mense is hierdie
6 mense