Gebak, Nagereg, Ontbyt

Piesang-plaatkoekies – 2 bestandele

12 comments

Ek en Herman Lensing werk op die oomblik aan ons verhoogproduksie “VOORSKOOT en lipstiek.”  Marion Holm doen die regie.  Aangesien ons kook in ons produksie gesels ons uit die aard van die saak oor kos.  Marion het ons van die resep vertel.  Ek het 2 weergawes gemaak.  Jy kan dit opdress met wat vir jou lekker is. As jy nog nie vir die produksie bespreek het nie, doen so nou!  Open by die Woordfees op 12 en 13 Maart in Stellenbosch!piesang flapjaps blog 027

 

BESTANDELE:

  • 1 piesang
  • 2 eierspiesang flapjaps blog 001

NOU:

  1. klits of versap alles saam piesang flapjaps blog 007piesang flapjaps blog 011
  2. braai in vlak oliepiesang flapjaps blog 018
  3. dreineer op kombuispapierpiesang flapjaps blog 023

2de WEERGAWE – BESTANDELE:

  • 2 piesangs
  • 2 eiers
  • 125ml meel
  • 5ml bakpoeier
  • knippie sout

NOU:

  1. klits of versap alles saampiesang flapjaps blog 019
  2. bak in vlak olie
  3. dreineer op kombuispapierpiesang flapjaps blog 022

Jy kan dit bedien met kaneelsuiker, stroop, heuning, jogurt of room.  Dis n vinnige ontbyt of n happie vir die hongerte wat knaag.  Die eerste weergawe is wonderlik vir iemand wat gluten weerstandig is.  My man het beide geproe en gese hy hou meer van die eerste weergawe!  Vir my was hul bietjie plat en ek het die 2de  uitgepofte plaatkoekies meer geniet.  Besluit maar self.piesang flapjaps blog 026

12 Comments

  1. More Tinkie
    Ek het dit nie geglo toe ek die resep hoor nie, maar glo my dit werk.
    Mooi dag.
    marinda

  2. Hi die piercing plant koekies hoe lank braai jy dit

  3. Anneri Van Zyl

    Hierdie Piesang koekies kan jy maak met baie min olie en dit oor lae hitte in n pan bak. Ek het Cocconut olie gebruik om in te bak en cinnamon by beslag gesit en dit gee n heerlikke smaak aan die plaatkoekies

  4. Lenie Burger

    more se
    jy kan die meel vervang met halwe koppie oats vir gluten gevoelige persoon .beslag moet dan min of meer rus vir 30 min ..oats moet vog absorbeer
    mooi dag.
    Lenie

  5. Marinda. ek ontdek nou eers op 68jaar jou resepte en kan nie wag om te probeer nie. Dit klink so maklik om te maak. . Dankie. gaan di piesang plaatkoekies eerste vir my skoonseun maak. hy het n soet tand. dki

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*