Gebak

SJOKOLADEBLOKKIES – 3 bestandele

4 comments

Mens is nooit te oud om te leer nie.  So gesels ek en my koskind, Herman Lensing en hy vertel vir my van die sjokoladeblokkies met 3 bestandele.  Ek het dit gemaak en dit is ‘n wenner en heerlik. ‘n Vinnige nagereg wat ek glo lekker saam met vla kan smaak of sommer net n bederf vir wanneer die soetlus jou beetpak.Nutella blokkies blog 031

 

BESTANDELE:

  • 250 ml Nutella
  • 100 ml koekmeel
  • 2 eiersNutella blokkies blog 001

NOU:

  1. gooi alles in n mengbak.Nutella blokkies blog 004
  2. klits met n handklitser tot net gemengNutella blokkies blog 006
  3. spuit n oondbakkie met Spray en Cook en gooi die mengsel in die bakNutella blokkies blog 011
  4. bak vir 20 minute by 180°CNutella blokkies blog 017
  5. laat dit afkoel en geniet die heerlikheid
  6. ek het die orige Nutella wat in die bottel was bo-oor gesmeerNutella blokkies blog 027

 

4 Comments

  1. Rita Labuschagne

    Dit lyk heerlik. X

  2. Nou net die piesang plaatkoekie resep gemaak. Dit was lip lekker.

Leave a Comment

Your email address will not be published.

*