Piesangroomys

Piesangroomys

Bestanddele

  • 8 piesangs in ringe gesny
  • 90 ml grondboontjiebotter

Metode

Plaas die vorige nag die piesangringetjies op ‘n bakplaat in die vrieskas.

Haal die piesangs uit die vrieskas en laat hulle so effens versag. Plaas in ‘n voedselverwerker. Blits tot glad.

Voeg grondboontjiebotter by.

Bedien in ‘n mooi glaspotjie met fyn toffie en neutkrakeling.

Maklik!