Hoender

Botterhoender

Comments are Disabled

Botterhoender

Bestanddele

  • 1 kg hoenderborsfilette, in 2cm blokkies of repies gesny
  • sap van een suurlemoen of lemmetjie
  • 6 heel naeltjies
  • 12 heel peperkorrels
  • groot, heel kaneelstokkie, in kleiner stukkies gebreek
  • 2 lourierblare
  • 15 ml heel koljandersade
  • 10 ml heel komynsade
  • saadjies van 6 – 8 kardamoms
  • 12 heel amandels
  • 5 – 10 ml gedroogde rissievlokkies (of na smaak)
  • 10 ml borrie
  • 30 ml sonneblomolie
  • 2 groot uie, fyngekap
  • 30 ml vars knoffel, fyngekap (of na smaak)
  • 30 ml vars gemmer, fyngerasper
  • 1 x 400 g blik tamatie puree
  • 500 ml hoenderaftreksel
  • handjievol kerrieblare
  • 250 ml ongegeurde volroom jogurt
  • sout en witpeper na smaak
  • 90 ml botter
  • groot handvol gekapte vars koljanderblare

Metode

Meng die hoender in ‘n plastiese- of glasbak met die suurlemoensap, maak die bak toe en hou eenkant.

Rooster al die speserye, amandels en rissievlokkies in ‘n warm pan tot geurig en verwerk in ‘n koffiemeultjie of stamper en vysel tot ‘n fyn poeier. Hou eenkant.

Verhit die olie in ‘n pot en soteer die uie daarin tot goudbruin. Voeg die knoffel en gemmer by. Braai liggies tot geurig en voeg die speserymengsel, tamatiepuree, hoenderaftreksel en kerrieblare by. Sodra dit kook,
verlaag die hitte en laat dit prut sonder ‘n deksel totdat dit goed verdik het.

Smelt nou die helfte van die botter in ‘n groot pan, soteer die hoender liggies daarin en skep dit by die sous saam met die jogurt. Geur na smaak, roer alles deur en kook vir ‘n paar minute net totdat die hoender
deurgaar is, niks langer nie. Roer die orige botter by, garneer met koljanderblare en bedien.

Lewer 6 ruim porsies.

Bietjie werk, maar maklik!

Comments are closed.