Bestanddele
- 1 lamsboud op die been
- 8 knoffelhuisies
- 3 takkies roosmaryn
- 4 ansjovissies
- sout en peper
- knoffelknol in die helfte gesny
- paar klein heel uitjies
- 4 aartappels in kwarte gesny
- 125 ml ‘Old Brown Sherry’
- 125 ml goeie vleisaftreksel
Metode
Stel die oond op 180 grade Celsius.
Was die boud en klad droog. Maak kepies in die boud en druk dit vol knoffel, roosmaryn en ansjovis.
Sout en peper die boud.
Sit die boud en knoffelknol in ‘n oondbak en gooi die sherry en aftreksel om die boud. Maak toe met foelie en bak vir een uur.
Maak oop en sit die uitjies en aartappels in. Bak oop tot gaar en geniet!
Maklik!