Bestandele
- 500 ml Polenta
- 65 Botter
- 90 ml Gekapte gemengde kruie soos pietersielie, roosmaryn, tiemie ens.
- Gegeurde olyfolie (gewone olyfolie is ook reg)
- Varsgemaalde swartpeper
Metode
Kook en geur die polenta soos op die pakkie aangedui en maak seker dat dit romerig, amper soos dik vla is. Roer die botter en gemengde kruie deur.
Voer ‘n klein broodpannetjie uit met kleefplastiek of foelie en spuit met kleefwerende sproei.
Giet die warm polenta in die voorbereide pannetjie, maak die bokant gelyk en bedek dit ook met kleefplastiek of foelie. Sit die pan in die yskas sodat die polenta kan stol, verkieslik oornag.
Om te bedien, haal die polenta “broodjie” uit die pan en verwyder die omhulsel. Sny die polenta in 1 cm skywe. Verf elke sny aan albei kante met olie.
Verhit ‘n pannetjie tot warm en braai die skywe tot goudbruin. Moenie te veel skywe op ‘n slag braai nie en moenie die skywe meer as een keer omdraai nie.
Hou die gebraaide skywe warm tot alles gebraai is en bedien.
Lewer 6 porsies met enige vleis- of vegetariese bredie.
Maklik!