Bestandele
- 2 Uie, fyngekap
- 80 ml Knoffel, fyn gekap
- 3 Wortels, in skyfies gesny
- 3 Selderystingels, in skyfies gesny
- 2 Takkies tiemie
- 1,5 – 2 kg Beesstert, lekker bruingebraai in ‘n bietjie olie
- 500 ml Old Brown Sherry
- 250 ml Rooiwyn
- 125 ml Worcestersous
- 20 ml Asyn
- 30 ml Suiker
- 6 Naeltjies
- 6 Peperkorrels
- 1 x 410 g Blikkie tamatiepuree
- 10 Klein aartappeltjies
- 10 Klein uitjies
- 10 Klein worteltjies
- Sout en peper na smaak
- Vars tiemie om te garneer
Metode
Plaas die uie, knoffel, wortels, seldery en tiemie in ‘n oondvaste bak. Plaas die vleis bo-op.
Meng die Old Brown Sherry, rooiwyn, Worcestersous, asyn, suiker, naeltjies, peperkorrels, sout, peper en tamatiepuree en gooi dit oor die vleis. Maak die bak toe en bak teen 180ºC vir 3 ure.
Voeg die aartappels en uie by. Maak weer toe en bak verder vir 1 uur voordat jy die klein worteltjies bysit. Bak nou oop, vir 1 uur. Indien die vleis nog nie sag is nie, verleng die baktyd. Geur ook na smaak met sout en peper indien nodig.
As die sous te dun is, kan jy dit verdik met 60 ml botter en 60 ml meel wat jy saam in ‘n pot smelt en roer. Of die vinnigste manier is om 80 ml Bistro in ‘n koppie van die beesstertsous te meng en dan terug te roer in die beesstert.
Garneer met vars tiemietakkies en bedien 6 – 8 porsies met polenta en geroosterde groente.
Maklik!
watter wyn is die beste siende ek nie n rooiwyn drinker is nie
Wilma, daar is nie regtig ‘n spesifieke rooiwyn nie. Ek hou van ‘n soeter rooiwyn.
Geniet.