- 125 ml (half koppie) koekmeel
- 125 ml (half koppie)botter/ margarine
- sout en peper na smaak
- 250 ml melk – meer melk as jy ‘n dunner sousie verkies
- 125 ml gerasperde kaas
NOU
- smelt die botter/margarine in ‘n pot op die stoof.
- met jou draadklitser roer die meel by die botter
- gooi sout en peper na smaak in. Jy kan self bietjie rooipeper vir skop insit
- begin nou die melk stadig in roer met jou draadklitser. Dit hang af hoe loperig jy dit soek. Dit bepaal jou hoeveelheid melk. Laat dit saggies kook anders het jy ‘n “rou-smaak.” Sal se vir so 6 minute – bly net aan roer.
- dan heel laaste roer jy kaas na smaak by
Die sous kan oor kool gebruik word, in gekookte aartappels of oor pannekoeke. Gert ek hoop dit help.
Baie dankie Marinda. Ek gaan jou nog baie pla. Julle kokkedore gaan my
so met facebook langs leer kook. Groete !!!!
Gert, jy is welkom.
Ek is mal oor jou tv program.maklik met marinda.het sl die brood gebak maar soek nog maklike resepte asb.
Loer bietjie op die blog. Hulle is almal maklik.