Pruim-clafoutis

Pruim-clafoutis

Bestanddele

  • 800 g ontpitte vars pruime
  • 60 g koekmeel
  • 2,5 ml bakpoeier
  • 80 g strooisuiker
  • 3 ekstra groot eiers, geklits
  • 250 ml melk
  • 250 ml room
  • 5 ml vanielje geursel
  • versiersuiker om oor te strooi
  • dikroom om daarby te bedien

Metode

Smeer ‘n oondbak met botter.

Pak jou vrugte in die oondbak.

Sif die meel, strooisuiker en bakpoeier saam.

Meng die room, melk, vanielje geursel en eiers.

Roer die melkmengsel by die meelmengsel.

Meng totdat dit glad is.

Oor die rugkant van ‘n lepel gooi die beslag oor die vrugte.

Bak vir 40 minute by 200 grade Celsius.

Strooi gesifte versiersuiker oor en bedien met dikroom.

Maklik!