Bestanddele
- 50 g botter
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 10 ml gerasperde gemmer
- 15 ml komynsade
- 2 eetlepels heuning
- 3 takkies vars tiemie
- 500 g gevriesde baba wortels, ontdooi
- vars brandrissie na smaak, in blokkies gesny
- sout en peper
Metode
Smelt die botter in ‘n groot pan op medium hitte.
Voeg die knoffel, gemmer en komyn by en braai tot geurig.
Voeg die heuning en tiemie by en laat die sous kook totdat dit effens verdik het.
Voeg die wortels en brandrissie by die sous, plaas die deksel op en kook totdat die wortels ‘al dente’ is.
Verwyder die deksel, geur na smaak met sout en peper en braai vir so ‘n paar minute totdat die sous verder verdik het en die wortels gekarameliseer het.
Maklik!