Bestanddele
- 90 ml olie
- 8 hoenderdye
- 1 chorizo-worsie in ringetjies gesny
- 2 selderystingels in ringetjies
- 1 wortel in ringetjies
- 1 ui fyngekap
- 6 knoffelhuisies fyngedruk
- 4 brandrissies in ringetjies
- 1 rooipeper in repies gesny
- 1 geelpeper in repies gesny
- 400 g rys
- 500 ml hoenderaftreksel
- 200 ml witwyn
- 1 blik Meksikaanse tamatiemengsel in ‘n blikkie
- 5 ml droë origanum
- 5 ml suiker
- 100 ml vars pietersielie fyn gekap
- 5 ml droë basielkruid
- sout en peper
Metode
Voorverhit olie in ‘n groot pot en braai die hoender en chorizo tot goudbruin. Skep dit uit die pot.
Braai nou die seldery, wortel, ui, brandrissies, rooi en geelpepers en knoffel tot sag.
Voeg die rys by en braai liggies.
Roer die kruie, suiker, hoenderaftreksel en wyn by.
Plaas die hoender en worsies bo-op.
Sit die deksel op en kook todat die rys sag is. Wees versigtig dat niks vasbrand nie!
Maklik!