Gevulde pepers of tamaties kom uit my kinderdae. My ma het dit altyd op n Sondagaand vir ons gemaak. Wat jy as vulsel gebruik is wat vir jou lekker is. Ek het maalvleis gebruik want ons het dit as n hoofmaal saam met slaai geeet.
BENODIG:
- 4 rooi/groen of geel pepers
- 600 g maalvleis
- 1 klein ui fyn gekap
- 2 knofffelhuisies fyn gekap
- 1 tamatie in blokkies gesny
- 125 ml gaar rys
- 20 ml Worcestersous
- sout en peper na smaak
- 60 ml gesnipperde pietersielie
- 20 ml Chutney
- 1 chille fyngekap ( los uit as jy nie van brand hou nie)
- 250 ml gerasperde kaas
NOU:
- stel die oond op 180 grade celsius
- sny die koppies van die pepers af, haal die pitte uit en was deeglik onder koue water
- meng al die res van die bestandele ( meng net die helfte van die kaas in) en vul die pepers met die mengsel
- plaas in n oondbak en bak met foelie vir 30 minute
- haal foelie af, sit orige kaas op die vleis en bak oop vir nog 30 minute
Skink vir jou n glasie wyn en geniet die heerlike pepers met n groenslaai en brood.
Marinda
Baie lekker aandete gewees.
Dankie
Melanie Erasmus
Ek is so bly. Dit is een van my gunsteling etes. Jy kan basies enige iets insit.