n Mens kan klaar deeg by die winkel koop en dan roosterkoeke van dit maak. Tog is daar iets vervullends om jou eie deeg te knie. Dieselfde deeg kan ook gebruik word vir vetkoeke of vir n gewone brood.
BENODIG:
- 1kg meel ( ek het koekmeel gebruik)
- 1 pakkie gis (10g)
- 30ml suiker
- 10 ml sout
- 80 ml botter gesmelt
- 500 – 600 ml lou water ( soos vir n baba se badwater)
NOU:
- in n kommetjie gooi die meel, gis,suiker en sout en meng
- roer die gesmelte botter by jou water
- gooi nou die water stadig by jou meel
- en knie
- en knie
- en knie
- en knie tot dit elasties raak ( omtrent 10 minute)
- maak jou deeg toe met kleefplastiek in die kommetjie
- laat dit tot dubbel die volume rys
- druk jou hande in meel en knie die deeg af
- maak nou roosterkoeke en pak op n plat oppervlakte of plaat – druk jou hande gereeld in die meel, want dan werk jy beter met die deeg
- gooi toe met n doek en laat weer rys
- intussen het jy al jou vuur gemaak en is reg om die roosterkoeke te braai
- braai dit hoog en baie stadig
- as jy dit klop en dit klink hol dan weet jy dis reg
Roosterkoek moet dik botter op kry.
Roosterkoeke kan geeet word met soet of sout.
Vanaand het ons dit geeet met dik botter, makataan en kaas.
Sjoemoerlekker!!
Nig, diep, diep, diep lekker.
Dis so vining om te maak. Laat waai!!!!!
Die lekkerste lekker saam met braai. Dit lyk fantabelooslik lekker
Die roosterkoek val diep. Ek hoef nie eers vleis te eet nie, kan net die roosterkoek eet.
Ooo!!! hoe smullekker nou maak jy my darem ernstig lus…Yummmy.hmmmm.
Linda, maak dit. Dit laat my altyd aan vakansie dink.
Marinda
Can one stuff the bread with a mixture of spinach and mushroom and braai
I think it will taste wonderful. Let me know.
Marinda