Dat dit nou n toneelstuk (Voorskoot en Lipstiek) moes vat om my te leer om die perfekte gekookte eiers te maak. Marion Holm het dit in die teks ingeskryf. Sy het dit by Elzabe Zietsman geleer. Wel ek het dit probeer en ja, dit werk!
- sit die eiers in n pot met koue water
- sit die deksel op en wag vir die water om te begin kook
- as die water kook, skakel die plaat af en los die pot op die warm plaat vir presies 5 minute
- haal die eiers van die plaat af en spoel onder lopende koue water af – dit stop die kookproses
- en ja, jy het die perfekte gekookte eier
Gaan dit so probeer maak. Lyk baie lekker.
Danie, dit bly n wenresep. Die eiers kom perfek uit.
groete
b
Wenresep! Ek word keer op keer komplimenteer oor my perfekte (gekookte) eiers!
Jy maak my hart sing xxxx
Kan gekookte eiers gevries word
Die wit raak taai en is nie lekker om te eet nie.
Die bobotie kom baie waterig uit en die vleis koek aan mekaar. Ek dink dit sou maar beter wees om die maalvleis vooraf gaar te maak. Die appel en kaas bo oor is ‘n lekker variasie.
Ek is jammer dat jy dit so ondervind het. Jy moet die vleis lekker losmaak met ‘n vurk. Geen probleem om eers die vleis gaar te maak nie.