Bestanddele
- 750 ml mieliepitte
- 250 ml koekmeel
- 5 ml suiker
- 5 ml bakpoeier
- 2 eiers liggies geklits
- 190 ml dikroom
- sout en peper
- olie vir vlakbraai
- brosgebraaide spek vir opdiening
Metode
Meng die mieliepitte, meel, suiker, bakpoeier, sout en peper saam.
Meng nou die eiers en room by.
Plaas kombuispapier op ‘n bord om die mieliekoekies te dreineer nadat dit gebak is.
Verhit olie in ‘n pan. Sodra die olie lekker warm is, skep lepels vol van die beslag in die pan. Braai vir om en by 2 minute aan ‘n kant.
Skep uit en dreineer op kombuis papier.
Braai spek lekker bros in ‘n pan en krummel oor die mieliekoekies wanneer jy dit bedien.
Maklik!