Rys bly ‘n staatmaker vir elke maaltyd. Met soveel verskillende soorte op die mark staan rys sy plek vol. Ek gaan vandag net gewone wit rys kook. Gaan dit bo-op die stoof kook en ook in die mikrogolf.
OP DIE STOOF
- 1 koppie rys is meer as genoeg vir 2 mense.
- bring 2 koppies water en 5 ml sout in ‘n potjie op die stoof tot kooppunt
- gooi jou 1 koppie rys in jou kokende soutwater en sit jou deksel so skuins op.
- na omtrent 20 minute sal jou rys gaar, maar nog ferm wees.
- sit die dekseltjie op en laat dit staan vir 10 minute of as jy ‘n vigiettes (rysstrainer) het, kan jy dit stoom oor water vir ‘n paar minute.
IN DIE MIKROGOLF
- plaas 2 koppies water, 1 koppie rys en 5 ml sout in ‘n vuurvaste bak
- sit in mikrogolf sonder deksel en mikrogolf vir 13 minute.
- gooi nog 1 koppie water in en mikrogolf vir nog 13 minute
- sit deksel op en mikrogolf vir nog 10 minute.
- roer met vurk sodat die reis mooi los is
Dis nou ‘n lekker blog! Ek hou van die eenvoudige en praktiese resepte. Nou kan ek ook iets maak as weer alleen by die huis is. Mag ‘n mens vra vir
resepte wat jy moet plaas?
Hannes, die blog is glad nie fensie nie. Dis bedoel vir mense wat regtig nie kan kook nie. Hoop jy sal dit ook intressant vind.
Nog ‘n manier vir rys kook is in ‘n Steamer. Ek doen myne sommer terwyl ek my groente stoom…plaas 2 koppies water, 1 koppie rys en 5 ml sout in die rys bakkie (wat saam met die steamer gekom het) stoom vir +/-20 minute en siedaar. :-)
Dis regtig handig. Dankie vir die raad.
Hi Marinda, ek weet nie hoekom sukkel mense so met ryskook nie. My skoondogter brand glad rys in die mikrogolfoond. My metode is die maklikste in die wêreld [as jy nie ‘n steamer het nie]: Vat ‘n lekker groot en diep plastiese mengbak [van daardie met die gat-handvatsel en ‘n tuitpunt voor – nie glas nie, dit word te warm]. Gooi jou hoeveelheid rys in, een teelepel sout en vul op met báie kookwater [omtrent vyf of ses keer meer as die rys. Kook dit nou op high vir 30 minute. Gooi in ‘n vergiettes en spoel die rys af onder koue water. Skud totdat die meeste water gedreineer is. Sit die vergiettes met rys en al op ‘n plastiese bord. Pleister die rys so teen die kante van die vergiettes met ‘n lepel [ek vat sommer my hand] en sit terug in die mikrogolfoond – laat dit stoom vir so 45 minute op nommer 1 hitte. Jou rys sal lekker los korrels hê.
Wanneer ek rys in die yskas bêre is dit altyd bietjie watering, dan stoom ek dit weer om ontslae te raak van die klammigheid.
Dit is dit, makliker kan jy nie kry nie.
Lets, dis nou slim. So leer ons bymekaar. Jy gaan nie glo hoeveel mense vir my se hulle kan nie rys kook nie. Ek gaan defnitief jou metode prober. Groete Marinda
Mari day hoelank kan n mens gaar oorskiet rys in yskas bêre?
Ek is nie ‘n voorstander van gaar rys in die yskas hou nie. Ek hou myne nooit langer as ‘n dag nie.
Groete
Marinda
Hoe het ons almal ons eie manier. My ma het my weer geleer om die rys vinnig op te kook, dan af te spoel met kookwater. Weer net genoeg water om rys mooi te bedek – 1 teel sout per koppie rys. Wanneer begin kook stel jy die plaat laag en laat prut tot sag en gaar. Geen klonterige rys nie, net sagte los korrels
Elzabe, dit is wat onthoukos is, van ons ouers af. Mooi dag vir jou. Marinda