Ek en Toks van der Lidne kom ’n langpad saam. Hy is ’n ongelooflike positiewe mens. Om vir hom terug te neem na sy ma se boontjiebredie op Stoofstories met Marinda was ’n groot eer.
Boontjiebredie
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
1,5 kg skaapnek
2 uie, in ringe gesny
10 ml komyn
1 blikkie tamaties
5 naeltjies
250 ml witwyn
300 ml warm water
100 ml worcestersous
60 ml asyn
3 aartappels, in blokkies gesny
1 kg groenbone, gesnipper
sout en peper na smaak
bietjie neutmuskaat
skil van een suurlemoen
Metode
- Jy kan hier kortpad neem en die vleis vir so 25 tot 30 minute stoom in die stoompot.
- Braai die nek bruin in olie en haal uit die pot.
- Braai uie in olie tot glaserig.
- Braai die komyn saam met die uie.
- Sit die vleis terug in die pot by die uie.
- Gooi die res van die bestanddele, behalwe die aartappels, bone, sout en peper, neutmuskaat en suurlemoenskil, by.
- Laat dit kook vir om en by 60 minute of tot die vleis amper sag is.
- Gooi nou die aartappels by en kook vir nog 20 minute.
- Laastens kom die gesnipperde boontjies, sout, peper en neutmuskaat by.
- Kook nou totdat alles sag is, maar nie pap nie.
- Rasper die skil van een suurlemoen oor.
- Bedien op witrys.
Yummie lekkerte!
Geniet!
Boere resepte asb
Loer op die blad. Daar is heelwat.
Jou resepte is ongelooflik, maklik en lekker.
Dankie Marinda.
Geniet Annetjie!
Baie dankie dat jy so vriendelik is om jou resepte met almal te deel!!😀
Dit lyk heerlik en gaan dit beslis gebruik!! Sien uit na dit wat nog gaan volg!!
Net liefde uit my hart.
Stuur asb resepte
Op die blog is al die resepte.
Dankie Marinda, jou kos lyk altyd so maklik en heerlik. Ek geniet jou program. Seen groete. Porsche.
Groot dankie. Geniet die lekker kos.
Marinda jy kook !!!
En jou disse kook my kombuis bankrot 😄
Lag ek nou kliphard. Geniet!!!!
Hello miranda ek wil net se dankie vir die bone bredie resep. Jy het my noz geleer om hom nie te souserig te kook nie
Geniet elke happie. My filosofie is dat ons bredies maak en nie sop nie. Bly warm in die koue.