Die ribbetjie moet stadig en tydsaam gaar gemaak word oor rustige kole. Daar moet meer as een glas wyn gedrink word. As jy die ribbetjie aflaai moet dit geskroei wees – amper of dit gebrand het. Daar tussen-in sit die diep lekkerte.
BENODIG:
- 2 stukkies lams of skaaprib
- 2 takkies vars roosmaryn
- 6 knoffelhuisies
- 250 ml tamatiesous
- 125 ml worcestersous
- 125 ml chutney
- 60 ml asyn
- 60 ml bruinsuiker
- ruim koljander
- sout en peper
NOU:
- geur die vleis ruim met koljander, sout en peper
- sny die roosmaryn en knoffel fyn en gooi in n bakkie
- gooi die res van die bestandele bymekaaren smeer die vleis lekker in
- laat dit marineer in die yskas vir minstens 60 minute
- maak jou kole en braai stadig, nie te laag nie.
- al lyk dit of dit brand, skrik nie, dis die lekkerte
Eet die vleis met die tradisionele braaibroodjie en tamatieslaai.