Die broodjie is vir die dag wat sommer net lus is om jou gesin te bederf. Ss ‘n vinnige lus vir soet jou oorval. Min moeite. Jy kan net met die 2 bestanddele werk of jy kan choc chips insit en dit versier met Caramel Treat en Cream Caramel lekkers.
Hierdie is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige webwerf sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor: hoe maak mens… nie.