Dit was die naweek so warm in Hopefield dat jy net in die skadu en binnenshuis wou bly. Met die kom ek op die gedagte om n bottel Rosé uit die yskas te gebruik om jellie mee te maak. In die verlede as ek gehoor het ek moet met gelatine werk , het ek verby gehou. Glo my dis so maklik soos suiker gooi in koffie. Die nagereg lyk pragtig en smaak ook heerlik. Feestelik vir krismis.
BENODIG:
- 1 bottel soet Roséwyn – glo my as ek vir jou se dit moet soet wees
- 250 ml strooisuiker ( 1koppie)
- 1 pakkie gelatine ( in die boksie is koevertjies, gebruik een koevertjie)
- 400g aarbeie of bessies van jou keuse ( jy kan meer of minder ook insit)
NOU:
- gooi die wyn en suiker in n pot en kook dit liggies vir 6 minute – roer dat die suiker oplos
- skep 100ml van die warm wyn in n koppie en gooi die gelatine by, laat dit 5 minute staan en roer dan deur
- gooi die gelatinemengsel terug in die pot by die warm wyn en suikermengsel laat so n minuut deurkook
- was jou aarbeie en sny hul stingeltjies af
- halveer die aarbeie
- rangskik hul in n glas of houer van jou keuse
- verdeel die wynmengsel in die glase
- plaas in die yskas oornag of tot styf
Dis verfrissend lekker en mense dink jy het vreeslik moeite gedoen. Iets wat jy voor die tyd kan klaarmaak vir ‘n ete. Regtig lekker.
Om so met kos so te kan skep is n wonderlike gawe en talent wat jy het en hierdie skepping lyk verruklik lekker.Wonderlik!!!!!!
Om te kan kook is om te mag uiting aan kreatiwiteit te gee.
Dit is nou baie kreatief en lyk heerlik!
Marlene, verskillende bessies sou mooier gelyk het. Was gelukkig om aarbeie in Hopefield te kry.
Marinda