Ek het as kind met hierdie sjokoladebondeltjies groot geword en half vergeet van dit. Hier bring Carmen Niehaus dit tafel toe en bring mooi herinneringe saam. Die resep maak so 40 klein bondeltjies.
Die vrugte-yskasblokkies behoort ook aan Carmen Niehaus. So ’n lekker iets vir die kosblik. Die resep maak 21 blokkies.
Sjokoladebondeltjies en Vrugte-yskasblokkies
30
minutes40
minutesBestanddele
- Sjokoladebondeltjies
250-375 ml (1-1½ k) bruinsuiker
100 g botter
125 ml (½ k) melk (laat hierby ’n bietjie Carmien red mocha tee intrek (so 2 sakkies))
125 ml (½ k) kakao
750 ml (3 k) hawermout
250 ml (1 k) klapper
5 ml (1 t) vanieljegeursel
- Vrugte-yskasblokkies
115 g botter
1 blik kondensmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
375 ml (1½ k) rosyntjiemengsel (125 ml daarvan deesdae bosbessies)
125 ml (½ k) glanskersies of selfs dadels (gekap)
125 ml (½ k) grofgekapte gemengde neute
2 pakke Tennisbeskuitjies (ek gebruik deesdae veselbeskuitjies), grofgebreek
Metode
- Sjokoladebondeltjies
- Spuit ’n paar velle bakpapier met kossproei of smeer met botter en plaas op ’n bakplaat.
- Plaas die suiker, botter, melk en kakao in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt, roer gedurig en kook dan 5 minute lank.
- Meng intussen die hawermout en klapper en meng by die kakaomengsel in (verwyder dit van die stoof).
- Skep teelepels vol van die mengsel op die bakpapier – werk vinnig, dit word gou hard. Laat afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer.
- Vrugte-yskasblokkies
- Spuit ’n pan van 18 x 28 x 3 cm met kossproei.
- Smelt die botter en roer die kondensmelk in. Haal van die hitte af en roer die geursel by.
- Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
- Skep in die bakplaat en druk vas met ’n eierspaan. Laat staan 24 uur in die yskas om mooi stewig te word. Sny in vierkantige blokkies.
- Jy kan selfs ’n bietjie klapper bo-oor sprinkel vir die mooi.
Lekker om saam te kook.
My hart sing.
Ek wil graag v jou hoor het jy n nuusbrief
Sarie, ek werk in die rigting. Hou jou op hoogte.
Waar koop ek Marinda se boek MAKLIK MET MARINDA
Die heel eerste boek is uitverkoop. Die ander is by alle boekwinkels en aanlyn by Takealot of Loot