Kyk Sandra het styl. Toe sy vir my vra om ’n doodgewone diepgebraaide vis te maak, toe weet ek dat ek sal moet uithaal en wys. Dit is moeilik om regtig crispy vis te kry. Ek het die geheim ontdek! Lees mooi!
Diepgebraaide vis en tjips
Course: Hoofgereg, Seekos30
minutes40
minutesBestanddele
- Bierbeslag – Vis
1 pakkie I&J-visfilette
500 ml koekmeel
sout
witpeper
5 ml bakpoeier
70 ml mielieblom (Maizena)
250 ml bier
olie vir diepbraai
- Dun bros skyfies
4 groot aartappels (kies aartappels wat geskik is vir skyfies)
growwe sout
olie vir diepbraai
- Tartaarsous
250 ml goeie mayonnaise
2 argurkies, baie fyn gekap
30 ml dille, baie fyn gekap
5 ml suurlemoensap
20 ml wortels, baie fyn gerasper
Metode
- Bierbeslag – Vis
- Haal die vis (nog bevrore) uit die plastiek en dompel die mootjies een vir een vinnig in ’n bak kookwater.
- Meng 250 ml meel en sout en peper in ’n bak en druk die mootjies een vir een in die mengsel.
- Sit bakpapier op ’n bakplaat en laat die vis daarop rus vir so 15 minute.
- Meng in ’n ander bak 250 ml meel, bakpoeier, mielieblom, sout en witpeper.
- Roer die bier by.
- Gooi die olie in ’n pot en maak dit goed warm.
- Dompel die mootjies in die bierbeslag en laat sak dit in die warm olie.
- As dit mooi bruin is, dreineer dit op kombuispapier.
- Dun bros skyfies
- Skil die aartappels en sny dit in dun skyfies.
- Gooi die rou skyfies in yswater.
- Verhit die olie tot 150 °C.
- Maak die skyfies droog en braai dit vir so 4 minute by 150 °C.
- Haal dit uit en dreineer op kombuispapier.
- Verhit die olie tot 200 °C en braai skyfies tot goudbruin.
- Dreineer op kombuispapier en strooi growwe sout oor.
- Tartaarsous
- Meng alles en sit dit in die yskas vir ten minste 30 minute.
Heerlik!
Dieplekker
Ek geniet die TV-program en Marinda, haar gaste en resepte erg baie! Doen so voort!
Baie baie dankie ek waardeer dit opreg
Marinda,elke keer as ek na ñ resep soek gaan na jou toe. Fantasiese resepte en so maklik gaan die week jou maklike vis koekies maak. Groete uit Durbanville
Dankie vir die kompliment. Geniet elke happie.
Marinda,elke keer wat ek ñ resep soek gaan ek na jou blog toe. Sal die week die viskoekies maak. Klink baie lekker
Jy maak my hart sing. Geniet elke happie.