Bestanddele
- 4 Eiers
- 190 ml Asyn
- 2 ml sout
- 135 ml (110g) suiker
- 40 ml mosterdpoeier
Metode
- Klits alles saam in ’n glasmengbak met ’n ballonklitser.
- Tap nou water in ’n gewone pot en sit die glasbak bo-op die pot met water.
- Kook die water en roer die inhoud in die glasbak gedurig. Al skuim die sous hou net aan roer. Dit raak lekker dik en lyk amper soos mayonnaise.
Plaas in die yskas om koud te raak. Heerlik saam met vark, op toebroodjies of oor aartappelslaai.