Nagereg

Sjokoladepoeding

Comments are Disabled

Sjokoladepoeding

Bestanddele

  • 65 ml botter
  • 185 ml melk
  • 1 eier
  • 185 ml suiker
  • 250 ml meel
  • 5 ml bakpoeier
  • 50 ml kakao
  • knippie sout
  • vanieljegeursel

Sous

  • 375 ml kookwater
  • 375 ml suiker
  • 45 ml kakao
  • Kook ‘n paar minute saam.

Metode

Smelt die botter en melk saam.

Klits die eier en suiker tot lig en voeg die droë bestanddele en vanielje by.

Smeer ‘n oondbak met botter.

Gooi sous onder in die bak.

Skep lepels beslag op die sous.

Bak vir 30 minute teen 180 grade Celsius.

Bedien met room of roomys.

Maklik!

Comments are closed.