Skaapstertjies

Skaapstertjies

Bestanddele

  • 30 skaapstertjies
  • 3 heel naeltjies
  • sout, peper en koljander na smaak
  • 250 ml tamatiesous
  • 100 ml chutney
  • 100 ml Worcestersous
  • 250 ml witwyn
  • 1 ui in ringetjies
  • 60 ml suiker
  • sout en peper

Metode

Sny die ui en pak onder in ‘n oondvaste bak.

Plaas die stertjies bo-op en sout en peper.

Meng die res van die bestanddele en gooi oor die stertjies.

Bak teen 180 grade Celsius toe vir 30 minute.

Maak dan oop en braai vir 60 minute of tot gaar. Draai gedurig om.

Maklik!