Bestanddele
Kors – Kan enige klaar korsdeeg koop!
- 500 ml meel
- 5 ml sout
- 5 ml rooipeper
- 5 ml bakpoeier
- 250 ml botter
Snoekvulsel
- 500 ml gerookte snoek fyn gevlok
- 1 ui fyngekap
- olie om ui in te braai
- 500 ml cheddarkaas
- 125 ml fyngekapte pietersielie
- 250 ml room
- 2 eiers
Metode
Kors
Sif droë bestanddele saam.
Werk botter met vingers in. Meng verder in voedselverwerker.
Voer pannetjies uit en plaas in yskas tot nodig.
Bak blind voor gebruik.
Snoek Vulsel
Braai die ui in die pan tot glaserig.
Plaas die gebraaide ui in die tertdoppies.
Plaas die kaas op die uie.
Meng die pietersielie en snoek en plaas bo op die kaas.
Klop die room en eiers en gooi oor die vis.
Sprinkel nog kaas bo op en gooi ‘n klein bietjie rooipeper oor.
Bak vir 30 minute teen 180 grade Celsius.
Bedien met ‘n salsa en suurlemoen.
Maklik!