Krummelpap kan saam met braaivleis geeet word. Kan ook saam met wors en sous bedien word. Die lekker van die pap le gewoonlik in sy sous. As jy dit vir ontbyt wil eet kan jy dit bedien met warm melk en suiker.
- 1 l water
- 750 ml mieliemeel
- 5 ml sout
- 20 ml botter
NOU:
- In ‘n pot op die stoof bring die water en sout tot kookpunt.
- Voeg die mieliemeel by en gee dit so een roer. Laat dit vir 15 minute kook sonder om te roer.
- Roer dit nou deurmekaar met ‘n groot vurk. Dit sal krummelrig lyk.
- Roer die botter in en laat dit saggies prut vir ‘n uur. Sit die deksel op terwyl dit nou kook.
Jy kan nou ‘n smoorsousie (tamatiesousie) maak deur twee blikkies tamatie en uiemengsel op te warm in die mikrogolf of op die stoof. Roer daarby 100 ml Worcestersous, 125 ml Chutney, 10 ml suiker, sout en peper. Verhit alles lekker deur en eet dit saam met jou pap. As jy van n “warm” sousie hou kan jy Tabasco byvoeg na smaak.
Heerlik, ek gooi ook n blikkie creamstyle mielies by en n klont knoffelbotter en as jy nou rerig grend wil wees, n lekker groooot hand vol fyn biltong. Xx
Jy is baie vindingryk.
John die viskoekieresep ip op my blog. Geen staatsgeheim!
Groete
Marinda