Ek gaan dit skaamteloos se: Om vir Peter Veldsman te mag kosmaak was seker die grootste eer wat my kon te beurt val. Ek het nie geweet hoe om die sneeupoedng te maak nie en hy het dit vir my gewys. Van nou af is dit deel van my nageregte.
Sneeupoeding
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
20 ml gelatien
70 ml koue water
250 ml kookwater
250 ml strooisuiker
60 ml suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen, fyngerasper
2 eierwitte (hou die geel vir die tuisgemaakte vla)
Metode
- Los die gelatien op in die koue water.
- Gooi die kookwater, strooisuiker, suurlemoensap en suurlemoenskil in ’n pot en roer totdat die suiker opgelos is.
- Roer die gelatien by en roer deeglik.
- Gooi alles deur ’n sif en sit dit eenkant om af te koel.
- As jy merk dit begin stol, klits dit vinnig totdat dit begin skuimerig raak.
- Klits die eierwitte styf in ’n skoon glasbak.
- Vou dit in by die mengsel.
- Spoel ’n mooi opdienbak uit met koue water en gooi die poeding in die bak.
- Sit in die yskas.
Danki vir d resep jou program is baie leersaam