Uncategorised

Konfyttert met beleë cheddarkaas

Comments are Disabled

Nou kyk hier het Jenny vir my ‘n ding geleer.  Dit is nou een van my gunstelinge terte in die hele wereld.

Konfyttert met beleë cheddarkaas

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 200 g meel

  • 10 ml versiersuiker

  • 100 g botter, yskoud en in blokkies gesny

  • 1 groot eiergeel

  • 10 ml yskoue water

  • 500 ml appelkooskonfyt

Metode

  • Sif die meel en versiersuiker in ’n mengbak.
  • Vryf die botter met die vingers in totdat dit soos nat sand lyk.
  • Klits die eiergeel en yskoue water in ’n beker.
  • Maak ’n gaatjie in die middel van die meel en werk die eiermengsel in totdat dit ’n deeg vorm.
  • Vorm die deeg in ’n bal en maak toe met kleefplastiek. Los dit vir ten minste 30 minute in die yskas
  • Hou ‘n kwart van die deeg eenkant om bo-oor te rasper.Rol die res van die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
  • Sit dit oor die rolstok en laat dit gly in ’n gesmeerde losboomtertpan.
  • Druk die deeg vas met die hande en sny die kante af.
  • Sit dit weer vir ’n uur in die yskas.
  • Bak die tertkors blind teen 190 °C vir 10 minute.
  • Smeer die konfyt in die tertkors en rasper die orige deeg bo-oor. Bak vir 30 minute, of totdat die konfyt in die tertkors gestol het.
  • Geniet dit met beleë cheddarkaas.

Comments are closed.