Hoofgereg

Vaalafval

4 comments

Afvaleters is ‘n groep op hulle eie.  Jy hou van afval of jy kan dit nie weerstaan nie.  Peter Veldsman wou vaal afval gehad het e nek het dit vir hom gemaak.  Ek kon vir hom ook iets leer van afval .  hy het al die orige afval huistoe geneem.

Vaalafval

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 1 skoon afval met pootjies, maag ens. (Delico s’n is na my mening die skoonste en beste)

  • 4 skoon varkpootjies

  • 500 ml water

  • 90 ml asyn

  • 1 ui in ringe gesny

  • 2,5 ml swartpeper

  • 4 heel naeltjies

  • 2,5 ml fyn neut

  • 2 lourierblare

  • 6 wonderpeperkorrels

  • 2,5 ml fyn koljander

  • 20 ml suiker

  • 4 skywe skaapnek

  • 10 klein uitjies (baba-uitjies)

  • 10 baba aartappeltjies, geskil

Metode

  • Kook die afval, insluitend die varkpootjies, water, asyn, ui, swartpeper, naeltjies, neut, lourierblare, wonderpeper, fyn koljander en suiker, vir 2 tot 3 ure. (Hou die watervlak dop. Nie te veel water nie, dis nie sop nie. Die afval sal begin sag raak.)
  • Gooi die skaapnek by en kook vir nog 1 uur.
  • Sit die uitjies en aartappels by en kook tot dit sag is en die vleis van die bene af begin val.
  • Proe of dit na jou smaak is en pas aan indien nodig.
  • Bedien dit op witrys.

Notas

  • Dit is altyd lekker as die afval ’n bietjie kan staan totdat dit so lekker lymerig word.

Tags

4 Comments

  1. Liewe Miranda, mag ek jou whatsapp asb? My nommer is 0824858478. Ek wil met jou gesels oor afval. Baie dankie. (Jammer ek pla)

  2. Jou kos lyk als so lekker. Het jy dalk ‘n lekker kerrie afval resep vir my.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*