Bykosse

Soetmostert – 3 bestandele – jy gaan nooit weer terugkyk nie.

0 comments

Kyk daar is mos resepte wat van geslag tot geslag kom  Die mostert is so n resep.  Jy kan dit saam met vark, koue vleis of aartappelslaai eet. Ook baie lekker op jou kaasbord.  Die mostert is so lekker en veelsydig.  Die sterkte van die mostert hang af van die hoeveelheid mostertpoeier wat jy insit.  My 20 ml gee dit net n lekker byt.

 

BESTANDELE:

  • 1 blikkie kondensmelk
  • 140 ml asyn ( n halwe koppie en n bietjie ekstra)
  • 20 ml mostertpoeier ( 4 teelepels)Soetmostertsous 002

NOU:

Gooi alles bymekaar en roer/ klits goed deur.  Sit dit in n plastiekbakkie in die yskas tot jy dit nodig het.Soetmostertsous 006

 

Die mostert is regtig diep-lekker.  Glo my wel!Soetmostertsous 008

Comments are closed.