Rooivleis

Lam in ’n Sak

Comments are Disabled

Bestanddele

  • 8 – 12 dik lam tjops
  • sout en growwe swartpeper na smaak
  • 45 ml geskroeide koljandersade, grofgekneus
  • 12 baba aartappels, geskil
  • 6 kleinerige uie, in kwarte gesny
  • 12 heel knoffelhuisies, geskil en gekneus
  • 6 kleinerige roosmaryntakkies
  • 2 lourierblare
  • 1 suurlemoen, in dik ringe gesny (met skil en al)
  • olyfolie
  • 250 ml aangemaakte lam- of hoenderaftreksel (gebruik sommer blokkie of ‘n sakkie aftreksel)
  • 1 groot baksak

Metode

Geur die tjops mildelik met sout en peper en strooi die koljandersade oor.

Sit die tjops, aartappels, uie, knoffel, roosmaryn, lourierblare en suurlemoen in ‘n groot baksak.

Bedruip na smaak met olyfolie en meng deeglik met jou hande.

Giet die aftreksel versigtig in die sak en knoop die sak toe met die draadjie wat in die sak was.

Plaas die baksak op ‘n bakplaat.

Sny twee klein gaatjies in die bokant van die baksak en bak in die oond teen 190°C vir 60 – 90 minute of totdat alles gaar en goudbruin na jou smaak is.

Genoeg vir 6

Bedien saam met ‘n lekker vars slaai.

Maklik!

Tags

Comments are closed.