PIZZA OOR DIE KOLE – geen resep maklik

Daar is resepte wat net IS.  Dis een so n resep.  Jy het regtig n vryhand om te maak waarvoor jy lus het.  Die belangrikste is om genoeg kaas te he. Die kors raak lekker “crisp” .pizza braai pie 014

 

Ek het  die Deeghuys se pizza-basis gekoop.  Twee daarvan.pizza braai pie 001

Sit die onderste een in jou rooster.

Smeer dan enige tamatie, knoffel of peri-peri smeer oor die een basis.  Strooi ruim met kaas en pak dan enige iet bo-op wat jou hart begeer.  Plaas die ander basis bo-op jou lagie kaas.  Maak jou rooster toe.pizza braai pie 006

 

Braai stadig oor matige kole.pizza braai pie 011

 

Dis n lekkerte wat geen einde ken nie.  Geniet dit as n hoofmaal of sommer net as n voorgereg.pizza braai pie 014pizza braai pie 015

n Groot lekkerte vir die somer wat voorle.