Nagereg

Souskluitjies

10 comments

Souskluitjies, o, souskluitjies.  Hulle praat vir hulself.

Souskluitjies

Recipe by Marinda Engelbrecht
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • Bestanddele

  • 1 k meelblom

  • 1 t bakpoeier

  • ¼ t sout

  • 4 e botter

  • 2 eiers

  • 1 e suiker

  • ½ t sout

  • ¼ t kaneel

  • kaneelsuiker

  • ¼–½ k gesmelte botter

Metode

  • Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter daarby in.
  • Klits die eiers en suiker saam tot lig.
  • Voeg by die meelmengsel en meng liggies.
  • Gooi water sowat 5 cm diep in ‘n kastrol.
  • Voeg ½ teelepel sout en ¼ teelepel kaneel by die water en bring tot kookpunt.
  • Doop ‘n teelepel in kokende water en skep bolletjies deeg in die kokende water – so 5 op ’n slag (as jy meer as 5 kluitjies op ‘n slag in die kokende water skep, slaan party daarvan toe).
  • Laat dit 10 minute kook, met of sonder deksel.
  • Lig die kluitjies uit die water, skep dit in ’n warm bakskottel en strooi kaneelsuiker en gesmelte botter oor.
  • Herhaal tot al die deeg op is.

10 Comments

  1. Wondelik! Dankie!

  2. Dit is identies my ma se kluitjies. Verlang sommer nou weer daarna. ❤

  3. André Kruger

    Baie dankie Marinda. Jou resep het my Sondag gemaak soos in my jeug, met souskluitjies, melkkos en boontjies na kookkos wat my laat middag slaap vat het.

  4. Ek gaan hierdie beslis probeer. Hoeveel porsies kry jy uit so baksel?

  5. Adele Bruwer

    Hello. Gaan ek hierdie nagereg kan voorberei bv. die Donderdag en dan opwarm en bedien die Vrydagaand? Baie dankie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*