Hoender

Romerige hoenderlewertjies

Comments are Disabled

Hierdie hoenderlewertjies stel nooit teleur nie ‘n Ou gunsteling.

Romerige hoenderlewertjies

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500 g hoenderlewertjies ontdooi en skoongemaak

  • 1 ui fyngekap

  • 15 ml olie

  • 10 ml gerookte paprika

  • 5 ml fyn komyn

  • 10 ml rissievlokkies of 2 rissies fyngekap

  • 125 ml hoenderaftreksel (los 1 blokkie op im 125 ml kookwater)

  • 10 ml tamatiepaste

  • 5ml suurlemoensap

  • 125 ml room

  • sout en peper (versigtig met die sout, want die aftrekselblokkie is baie sout)

Metode

  • Braai die ui tot glaserig. Voeg die komyn, paprika en rissievlokkies by en braai nog ‘n bietjie.
  • Roer die tamatiepaste, hoenderaftreksel en suulemoensap by en kook vir 10 minute.
  • Gooi die hoenderlewers by en kook net vir ‘n kort tydjie. Die hoenderlewers moet nog pienk is binne-in wees.
  • Roer die room by en sout en peper na smaak.
  • Eet dit op rys of op ‘n broodjie.

Comments are closed.