Voorgereg

Spanakopita

Comments are Disabled

Spanakopita

Bestanddele

  • 1 pak filodeeg
  • 500 g babaspinasie
  • 4 sprietuie
  • 1 rooi ui
  • 3 huisies knoffel
  • knippie neutmuskaat
  • 100 g goeie fetakaas
  • 100 g ricottakaas
  • 2 eiers geklits
  • swartpeper
  • 60 ml vars gekapte dill
  • 125 ml gesmelte botter

Metode

Blansjeer die spinasie in warm water en druk alle water uit.

In die pan braai die rooi ui, sprietuie en knoffel.

Skep by die spinasie.

Voeg die res van die bestanddele by behalwe die gesmelte botter.

Verhit die oond tot 180 grade Celsius.

Sny die deeg in 4 bane.

Plaas een vel filodeeg op ‘n blad. Smeer met botter. Plaas nog n vel bo-op.

Smeer weer met botter.

Sit ‘n teelepel spinasiemengsel onder op die filostrook. Vou oor en vorm driehoeke.

Borsel weer met botter.

Olie ‘n bakplaat en pak die driehoeke op die bakplaat. Bak vir 30 minute.

Maklik!

Comments are closed.