As kind het ons baklei oor die hoender se nekkie. Deesdae is dit amper iets wat nie gereken word nie. As jy die hoendernekkie reg gaarmaak, dan gaan jy jou vingers aflek. Myne het ek gekerrie.
HOENDERNEKKIES
BESTANDDELE
- 12 nekkies
- 100 ml koekmeel
- Olie om dit in te braai
- 1ui
- 2 huisies knoffel
- 20 ml fyn gerasperde vars gemmer
- 1 chillie fyn gekap
- 5 ml growwe jeera
- 20 ml kerriepoeier
- 10 ml borrie
- I blikkie tamatie puree
- 10 ml suiker
- 3 lourierblare
- 5 ml komyn
- 5 ml koljander
- Sout en peper
METODE
- Skud die nekkies in meel en braai dit bruin in ‘n pan. Haal dit uit en hou dit eenkant.
- Braai jou uie, knoffel, gemmer en chillie in ‘n bietjie olie.
- Braai al die speserye saam met die uiemengsel.
- Meng die suiker met die tamatie puree en die lourierbalare . Gooi dit by die uiemengsel.
- Sout en peper na smaak.
- Laat dit prut vir 10 minute. Gooi die nekkies by en kook net deur. Bedien dit saam met die samp en bone.