Bestanddele
- 1 x 430 g blikkie aspersies
- 750 g dik stokvisfilette (hake)
- sout en peper
- 250 ml gerasperde kaas
- 45 ml botter
- 45 ml koekmeel
- 2,5 ml mosterpoeier
- so om en by 100 ml melk
Metode
Dreineer die aspersies maar behou die vloeistof.
Geur vis na smaak met sout en peper en pak dit in ‘n oondbak.
Pak die aspersies bo-op die vis, maak toe en sit eenkant.
Smelt die botter in ‘n klein kastrolletjie en roer die meel by.
Roer tot daar geen klonte is nie en laat die mengsel effens kook om die meel gaar te kry.
Giet nou stadig die aspersievloeistof by terwyl jy aanhoudend roer.
Gooi ook genoeg melk by om ‘n dik witsous te maak.
Skep sous oor vis en sprinkel met kaas.
Bak teen 180°C vir 30 minute of tot gaar.
Lewer 4 porsies saam met kapokaartappels en geroosterde groente.
Maklik!