Ons bome dra nou swaar die tyd van die jaar. Met die kouete wat op ons is, besluit ek toe om ‘n suurlemoenpoeding aanmekaar te slaan. Min moeite vir baie lekkerte.
BENODIG:
- 80 g botter gesmelt
- 210 strooisuiker
- 4 eiers – skei die eiers
- 500 ml melk
- 40 g koekmeel
- 30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
NOU:
- klits gesmelte botter, suurlemoenskil, meel, eiergele en 125 ml van die strooisuiker in n bak
- klits die melk stadig by
- klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg nou die orige suiker stadig by die eierwitte – nou moet jy goed klits tot dit glansend raak
- vou jou eierwitmengsel stadig by jou eiergeelmengsel – werk liggies
- gooi alles in n gesmeerde oondbak
- sit die bak in n groter pan met water
- bak vir 45 minute by 180 grade celsius
Ons het die poeding geniet met mascarpone kaas. Room net so lekker.
Marinda het jy ‘n Resepteboek uitgebring? Gister gesoek by Bargain Books kon nie kry nie.
Liewe Miems
Nog nie een uitgebring nie. Wens ek kon. Het wel kinderboek “Rondomtalie” uitgegee.
Marinda
Wonderlik
Liewe Danie
Dis regtig winterskos vir saam eet met die vir wie jy omgee.
Marinda
Dit is heerlik Marinda.
Kleina, ek het dit so lanklaas geeet en toe kry die lus die oorhand.
Maak dit, dis heerlik.
Groete
Marinda
Het die poeding vandag gemaak met plaas vars suurlemoene en melk warm uit die koei se speen en dit was heerlik! Toe eet ons maar eerste poeding en toe middag ete…..
Jenifer, hoe lekker lag ek nou. Bly dit was lekker.
Groete
Marinda
Marinda die suurlemoen poeding kan ek hom ook in mikrogolf oond bak. Ek soek dringend een wat in mikrogolf gebak kan word
Ek het nog nooit nie. Ek kan nie sien hoekom jy dit nie kan doen nie.