Bykosse, Groente, Sop, Voorgereg

Tamatiesop – net reg vir nou

2 comments

Ek koop altyd Woolies se tamatiesop en dan kan ek my ophang aan dit.  Ek het vandag n tamatiesop gemaak wat so hap-hap aan die Woolies een.  Regtig baie lekker.MARINDA BROCCOLI 086

 

BENODIG:

  • 1 ui
  • 3 knoffeltoontjiesMARINDA BROCCOLI 047
  • 30 ml olyfolie
  • 30 ml komyn/jeera  die saadjies
  • 4 hoender of groente ekstrak blokkiesMARINDA BROCCOLI 049
  • 750 ml kookwater
  • 2 blikkies kersietamaties
  • 1 blikkie tamatie pureeMARINDA BROCCOLI 053
  • 30 ml suiker
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml room

NOU:

  1. sny die ui in ringetjie en kap die knoffel fyn
  2. braai die ui, knoffel en komyn in die olyfolie net tot glaserigMARINDA BROCCOLI 052
  3. los die 4 ekstrakblokkies in die kookwater op
  4. gooi nou al die res van die bestandele behalwe die room by die uie in die potMARINDA BROCCOLI 058
  5. kook vir 20 minute sonder deksel
  6. gebruik n voedselverwerker of n blenderstok en verpulp allesMARINDA BROCCOLI 075
  7. roer die room net voor opdiening byMARINDA BROCCOLI 088

Die sop is heerlik en kan met fyngekapte pietersielie, basiliekruidblare, bloukaas, feta of sommer net lekker brood bedien word.MARINDA BROCCOLI 094

2 Comments

  1. Net die regte sop vir n koue sondag. Lyk baie lekker.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*