Ek weet dis winter en wie wil nou roomys eet? Maar met n warm sjokoladesous bly dit n wenner. Jy kan die roomys opdollie met sjokoladesplinters, fyngekapte koekies of wat jou ook al maak glimlag. Die roomys is baie romerig en moet so 30 minute voor jy dit bedien uit die vrieskas gehaal word.
BENODIG:
NOU:
- klits die room tot sagtepunt stadium
- roer die kondensmelk deur
- roer die vanilla deur
- skep in n bak en sit in die vrieskas
Jy kan die roomys optower met gesnipperde vrugte, sjokolade, neute of enige iets waarvan jy hou. Regtig vinnig en maklik om te maak. En dis heerlik ……..
Tinkie, vinnig en lekker. Altyd daar as die gaste opdaag.
groete
Marinda
Baie maklik en heeeeeeeerlik. Het jy dalk ‘n roomys resep vir diabete Marinda?
Ongelukkig nie. Bly die 3 bestanddele roomys was lekker
Groete
Marinda
Heerlik. Net jy kan so wonderlike resepte vir ons gee. Maklik en goedkoop bestandele.
Ek vind met 3 eirwitte styf geklits en ingevou by roomys bly dit heerkik hanteerbaar om op te skep dadelik vanuit vrieskas.
Slim plan. Dankie vir laat weet
Groete
Marinda
hi!
Ek wil ook die roomys probeer.
die ” tip van 3 eierwitte invou” is die VOOR ek die 3bestandele vries?
dankie!!
Shavonne
Daar kom geen eiers in nie. x
Nee.
Ja Shavonne, vou in en vries dan…