Nagereg

Suurlemoenposset

2 comments

Wie is nie lief vir ‘n suurlemoenpoeding nie?  Wys my daai een.  Altyd ‘n wenner.

Suurlemoenposset

Recipe by Marinda EngelbrechtCourse: Uncategorised
Prep time

30

minutes
Cooking time

40

minutes

Bestanddele

  • 500 ml room

  • 125 ml strooisuiker

  • skil van een suurlemoen, baie fyn gerasper

  • sap van een suurlemoen

Metode

  • Maak room en strooisuiker warm in ’n pot. Kook vir 3 minute totdat die strooisuiker opgelos is.
  • Laat effens afkoel en roer gerasperde suurlemoenskil in.
  • Roer suurlemoensap in.
  • Gooi uit in klein glasies.
  • Laat stol in yskas vir om en by 3 ure.
  • Sit voor met bessies en mentblaartjies.

2 Comments

  1. Ronel Barnard

    Marinda het die warmste persoonlikheid en ek geniet jou programme terdeë. So bly ek kan deel wees daarvan. Dankie

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*