As ek soos Min kan ouer word dan sal ek ’n gelukkige vrou wees. Vroulik, mooi en skerp is sy. Dit was so ’n groot eer om vir haar te kon kook.
Bobotie met ‘n appelkrummellaag
Course: Uncategorised30
minutes40
minutesBestanddele
bietjie kookolie
2 groot uie, fyngekap
30 ml kerriepoeier
10 ml borrie
5 ml komyn
1 kg maalvleis
20 ml appelkooskonfyt
60 ml vleisaftreksel
1 klein blikkie tamatiepasta
90 ml blatjang
50 ml asyn
20 ml suiker
10 ml vars gemmer, fyngerasper
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
- Apellaag
1 blik tertappels
10 ml vlapoeier
10 ml witsuiker
5 ml botter
250 ml goue sultanas, geweek in rooibostee
- Bo-kors
250 ml meelblom
5 ml bakpoeier
5 ml suiker
125 g botter
250 ml gerasperde cheddarkaas
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ’n oondbak.
- Gooi ’n klein bietjie olie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend.
- Voeg kerriepoeier, borrie en komyn by en braai saam.
- Voeg die maalvleis by en braai tot dit liggies begin kleur kry.
- Meng die res van die bestanddele in ’n beker en gooi dit dan by die vleis.
- Laat dit prut vir so 10 minute en gooi dit dan in ’n oondbak.
- Appellaag
- Kook al die bestanddele vir die appellaag stadig saam totdat dit dikkerig raak.
- Druk dit fyn en skep egalig oor die vleislaag in die oondbak.
- Bo-kors
- Meng al die bestanddele goed tot dit soos sand lyk.
- Krummel dit bo-oor die appellaag.
- Bak die bobotie vir 30 minute totdat die kors mooi goudbruin raak.
Baie lekker maklik resepte. Ek gaan die bobotie probeer.
Laat weet asb hoe dit gesmaak het.
Jammer as ek dom klink.
Die meelblom in die bobotie is dit gewone koekmeel.
Gewone meel. Geniet die bobotie.